FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Wat ek wil wees as ek groot is

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Wat ek wil wees as ek groot is Empty Wat ek wil wees as ek groot is

    Post by Rudi Coetzer Mon 31 Oct 2011, 4:27 pm

    Ek wil die boom wees
    waarin jy nes
    ek wil die dam wees
    waarin jy opdam
    ek wil die seekoeigat wees
    waar jy stadiger vloei
    ek wil die oase wees
    waar jy lafenis kry
    ek wil die grot wees
    waarin jy skuiling vind
    ek wil die waterval wees
    waar dit okay is vir jou om te val
    ek wil die berg wees
    waarop jy hoog kan wees

    ek wil die kruk wees
    op wie jy kan steun
    ek wil die prostese wees
    waarmee jy kan loop
    ek wil die hand wees
    waarmee jy raak vat
    ek wil die oë wees
    waarmee jy sien

    en as jy trou
    wil ek jou bruidegom wees

    ( 16/10/2008 16h27 )

      Current date/time is Thu 02 May 2024, 8:21 pm