FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Joune wees

    Manie Jackson
    Manie Jackson


    Location | Ligging : Wonderboom Pretoria
    Posts | Bydraes : 119
    Points | Punte : 319
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 46

    Joune wees Empty Joune wees

    Post by Manie Jackson Fri 09 Sep 2011, 7:49 pm

    Soms wens ek jou-
    jou beeld uit my gedagtes wyk.
    Een kyk na jou-
    bring my skoon van streik.
    Smagtend om jou vas te hou… te dien.
    Om jou gelukkig, tevrede te kan sien.

    More en aand jou asem te voel.
    teen my Wang -
    Ons is mekaar se doel.
    Verdwaalde hart die verlang.
    Die behoefte om jou volmaak te bemin.
    My hele wese diensbaar, my elke sin.

    In die Somer wind - jou warm soete roos ruik.
    My hande om vir jou te werk.
    Jou wense, begeertes vul uit my kruik.
    Saam die wa elke dag te trek.
    Jou lippe dringend myne raak.
    Jou volledig, gelukkig, myne maak!

    Binne in jou mens.
    Jou hart met my gedigte raak.
    Liedjies sing wat aan jou siel sou grens -
    terwyl die more breek wil ek oor jou waak.
    My vingers om jou gesig, jou oe lees.
    Altyd net joune wees.



    Manie Jackson 2/7/2011


      Current date/time is Fri 17 May 2024, 2:16 pm