FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Wees gegroet

    Manie Jackson
    Manie Jackson


    Location | Ligging : Wonderboom Pretoria
    Posts | Bydraes : 119
    Points | Punte : 319
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 46

    Wees gegroet Empty Wees gegroet

    Post by Manie Jackson Wed 28 Sep 2011, 7:41 pm

    Die swart pad sny die horison
    Besef die nietigheid en wat nog kom.
    Elke kilometer, ewig is “nou” verby!
    Elke oomblik wat ek verder ry.
    Hoe bome in die wind,
    Ek wil jou bemin soos amper kind.
    Al die verwonder wat jy dra
    Welkom is elke, altyd jou vrae.

    Kaller liefde was die soete
    Bemindes gedroom, gelukkig sonder boete.
    Kon ek liefhe soos nooit tevore.
    ‘n Vreugde gevind, uit saam wees gebore.
    My hart onvoorwaardelik uitgegee.
    Wat die lewe bied in elke tree.
    Het ek dit in soveel woorde probeer se...
    Die voorreg om n vrou lief te he!

    Was geen more ooit onseker,
    Ons drink, aanskou jou skoonheid, my beker.
    Was niemand ooit nog mooier, as jy wat nou in die bloeisels staan.
    Die wingerd, die Oranje wat sy paaitjie baan.
    En jy die Psalm vers in elke dag.
    Die mooiste ster in die donker nag.
    Maak my gedagtes aan jou my vry.
    Die hart polsend, broos gery.

    Kan ek die bitter uit die boodskap haal.
    Die vlamme uit die laaste vaarwel.
    Wil ek die aandwind vir jou wees.
    As jy dit na n warm dag sal moet lees.
    As die nag om my dan vergader.
    Bring dit my na jou toe nader.
    Kan ek weer die begeerte ruik.
    Nog n keer in jou oe kyk.

    Kom verlange met die ou pad aan.
    Wat my na jou toe eens gebaan.
    Elke afdraai wat ek gekry het,
    Elke dag wat ek verder gery het.
    In jou trane breek die nuwe dag,
    ‘n Donkermaan se lyne sag.
    As die lente oor die veld aankom.
    Die rivier, die sand, die son.

    Manie Jackson - Vir Luzette 14/01/2011


      Current date/time is Fri 17 May 2024, 6:24 pm