FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Eendag, as ek groot is...

    Joan Lotz
    Joan Lotz


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 69
    Points | Punte : 170
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-12
    Age | Ouderdom : 87

    Eendag, as ek groot is... Empty Eendag, as ek groot is...

    Post by Joan Lotz Mon 12 Dec 2011, 9:50 pm

    jy het gesê:
    eendag, as ek groot is, gaan ons op die strand loop
    daar by die see, gaan jy vir ons 'n huisie koop
    in die koel water , ons warm lywe doop
    eendag, as ek groot is...

    jy het belowe:
    eendag, as ek groot is, gaan jy met my trou
    is ek ewig en altyd die enigste een vir jou
    lag ek blinkoog in my mou, liefde het ontvou
    vir my en jou...eendag, as ek groot is

    geluk het gekom
    daardie eendag, as ek groot is, het toe geblom
    daar was nou drie van ons in een plus een som
    jou liefde het my elkedag meer en meer verstom
    vreugde is...eendag, as ek groot is

    eendag...as ek groot is
    toe tuimel ons kasteel, breek die duiwel los
    ons liefde het bly staan, al het dit ons gekos
    sal jou altyd en ewig liefhê, sê ek met 'n blos
    eendag...eendag, as ek groot is
    bly jou liefde my trots.

    2011/09/11 Joan Lotz

      Current date/time is Thu 02 May 2024, 2:31 pm