Die kerse bou
bouvalagtige spookagtige
gotiese wastorings
wat kunsagtige skaduwee’s gooi
oor jou en my
se gister , vandag en môre
verewig daarin
ʼn uur-en-ʼn-half van ons
lewe , liefde
trane en pyn .
Wasvulkane
ongesiene monumente
wat half regop
half krom
waak oor
kos en drank
en sang
en flikkervlam
knipoog
en ʼn warm hand
van vriendskap
uitsteek -
om alleen te sterf
in bouvalagtige spookagtige
gotiese wastorings .
( 03/09/2005 20h45 )
bouvalagtige spookagtige
gotiese wastorings
wat kunsagtige skaduwee’s gooi
oor jou en my
se gister , vandag en môre
verewig daarin
ʼn uur-en-ʼn-half van ons
lewe , liefde
trane en pyn .
Wasvulkane
ongesiene monumente
wat half regop
half krom
waak oor
kos en drank
en sang
en flikkervlam
knipoog
en ʼn warm hand
van vriendskap
uitsteek -
om alleen te sterf
in bouvalagtige spookagtige
gotiese wastorings .
( 03/09/2005 20h45 )