As ek jou in die hande kan kry
maak ek
ʼn nuwe klein afdakkie vir my:
jou derms ryg ek
lewendig uit
en sout en droog dit
en vleg stink toue vir my
jou vel slag ek af en rek dit
op ʼn martelbank uit
(maar dit moet gesteriliseer word)
span dit voor die son
so dik is dit
plant ligsku plante onder dit
die skedel kan deug
as hondekos bak
so hol is dit
as ek dit lewendig oopkerf
met ʼn stomp mes
weggesteek op my erf
(let wel dit is myne).
Maar die hart
die donker hart
daarvan maak ek
ʼn donkerkamer
oopgevlerk en gerek
met geen gewete bevlek
voor die venster geryg
sal selfs die son tong-af moet swyg
geen flentertjie lig sal ontsnap nie
selfs al ontwikkel ek
eerstehands
foto’s van die vlamme van die hel!
© Torm 2011