FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Droomvrou (6)

    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Droomvrou (6) Empty Droomvrou (6)

    Post by Enid Mon 05 Sep 2011, 10:40 pm

    Jy het sonder SOS
    haar avator betree
    laasnag toe jy so
    onverwags jou buiging
    sonder ‘n applous van die skare
    tot binne haar siel gemaak het

    jy het terselfdertyd
    gedink dat sy nie kon besef wat in jou
    eensame wese aangaan, toe jy wel die mens
    met jou teenwoordigheid vereer het

    maar sy het jou stille vrae gelees
    en die wroeging binne jou opgetel
    wat voor die tyd gebeur het,
    wou sy als regpak en rangskik
    die stukkies moes perfek pas
    maar die atmosfeer het als in sy vermoëe gedoen
    om werk te bemoeilik,
    elke greintjie draad geknip
    sodat daar geen konneksie kon wees

    toe jy die vertrek verlaat met die laaste sagte,
    tog stywe handgreep, was daar ‘n tipe
    sekerheid van verstaan,tog ‘n dit-sal-regkom verstaan
    sy het verstaan dat als weer
    reg sou kom my lief

      Current date/time is Sun 28 Apr 2024, 3:30 pm