FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Droomvrou (3)

    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Droomvrou (3) Empty Droomvrou (3)

    Post by Enid Mon 26 Sep 2011, 8:51 pm

    in skeepswrak sit sy
    geklee met satynsagromp en top
    terwyl jy oor die horizon staar
    met sagte gelaat en diep
    blou oë wat terug staar
    na jou wat bly smag

    smag dat sy tog net in
    laatmiddag skemerson langs jou
    op die sand sal wandel en die
    diepste verlange sal stilmaak
    nooit weer daardie gat in jou hart
    so dolleeg sal laat nie

    tussen die hitte, verlange
    verskriklike alleenheid
    wat tot in jou spiere brand
    jou liggaam lam laat
    soek jy tog net dat sy
    daardie vitamien sal wees
    wat die huppel in jou stap
    die lus in jou lewe
    droom vir more
    weer wakker sal maak?

    terwyl jy op die strand staan
    wens jy net dat sy met
    satyn sagte vel, genaellakte tone
    kaalvoet na jou sal kom
    die eens silhoeët van nou
    die ewige lig, wat sy uitstraal
    net vir nou werklik kan word?

    want sy ken jou
    sonder enige woord
    lees sy jou, die droomvrou van jou.



    10/08/11
    avatar
    Guest
    Guest


    Droomvrou (3) Empty Re: Droomvrou (3)

    Post by Guest Mon 26 Sep 2011, 8:55 pm

    hierdie droom vrou wandel op jou strand en is altyd daar, juis daarom dat jy haar so fyn kan beskryf! ek bewonder jou passie in jou wete van haar gees!
    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Droomvrou (3) Empty Re: Droomvrou (3)

    Post by Enid Mon 26 Sep 2011, 8:58 pm

    dankie Nala, sy is een met my

    Sponsored content


    Droomvrou (3) Empty Re: Droomvrou (3)

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Tue 07 May 2024, 11:49 am