“orals is rose
oë
soene
liggies
jý andré
en die rosetuin van die lig” Ingrid Jonker
sy dwaal tussen
mense se haastige voetstappe
vinnig soos wind verby haar
haar oë vrolik vir wat sy staan
gedagtes wat jou volg
tussen jakarandabome se waai
kan jy hoor en sien andré?
laasnag terwyl sy gefetus
teen jou gelê het
sagte parfuum aan jou lyf gekleef het
het jy gevoel andré?
terwyl branders speel-speel golf
haar voete tussen bamboes speel
hou jy haar vingers gevleg deur joune
wind dwarrelend deur hare waai
haar satyn-materiaal tussen julle vleg
is jou gemoed stil andré?
en as die son sy kop uitsteek
glimlag sy vriendelik vir die nuwe dag
want dit gaan goed met julle andré
oë
soene
liggies
jý andré
en die rosetuin van die lig” Ingrid Jonker
sy dwaal tussen
mense se haastige voetstappe
vinnig soos wind verby haar
haar oë vrolik vir wat sy staan
gedagtes wat jou volg
tussen jakarandabome se waai
kan jy hoor en sien andré?
laasnag terwyl sy gefetus
teen jou gelê het
sagte parfuum aan jou lyf gekleef het
het jy gevoel andré?
terwyl branders speel-speel golf
haar voete tussen bamboes speel
hou jy haar vingers gevleg deur joune
wind dwarrelend deur hare waai
haar satyn-materiaal tussen julle vleg
is jou gemoed stil andré?
en as die son sy kop uitsteek
glimlag sy vriendelik vir die nuwe dag
want dit gaan goed met julle andré