FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Eendag miskien

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Eendag miskien Empty Eendag miskien

    Post by Rudi Coetzer Tue 20 Dec 2011, 1:12 pm

    Gister se gras
    lê doodgeryp
    in die winter
    van my onthou

    en in die gangkas
    van ons eens-happyhuis
    agter geroeste slot
    en grendel
    verweer elke geraamte
    van jou en my
    se lelik .

    Eendag miskien
    wanneer ek oud is
    wanneer ek Alzheimer’s het
    sal ek onthou
    om jou te vergewe .


    ( 08/12/2011 23h42 )

      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 5:12 am