Miskien is daar geen god Johannes

    Share

    Guest
    Guest

    Miskien is daar geen god Johannes

    Post by Guest on Mon 05 Sep 2011, 4:43 am

    Miskien was jy reg Johannes

    almiskie eerwyl jy jou nylon galg

    liefkosend in rou geanker het

    boom skurwe tak

    dalk het jy Johannes

    (soos ek nou onophoudelik geween)

    dalk Johannes net duister gesien

    almiskie Johannes geweet

    daar is geen god van liefde

    geen god van genade vir jou

    dalk Johannes ten hemele gevloek toe jy vra

    "as daar ‘n vader is waarom dan

    waarom"

    geen god van liefde

    bou mooi met vlymskerp minora mure

    geen god van liefde sal sy kinders so laat ly

    geen vader sal in die naam van liefde versaak

    dalk Johannes

    dalk het jy besef wat ander steeds na soek

    almiskie Johannes het jy gesien

    maer koeie verorber die vet koeie

    slegtes verteer die goeie

    dalk Johannes

    dalk het jy opgehou bid

    na dertig jaarwaarde jou knieë moeg

    hande krom gevra

    "vader laat hierdie bitter beker my verbygaan"

    almiskie Johannes het jy verstaan

    miskien Johannes was jy moeg

    dalk Johannes was die skadu boom vol liefde en 'n galg tou

    dalk Johannes het die bose aarde op jou rou trane gevoed

    dalk wou jy stilte proe

    nie meer snerpende pyn

    dalk Johannes was dood lig

    en lewe donkerte

    miskien Johannes is daar geen god
    avatar
    anderkant

    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 40

    Re: Miskien is daar geen god Johannes

    Post by anderkant on Wed 14 Sep 2011, 12:01 am

    Dalk, waarom, miskien, GEEN. niks. ek glo jy verstaan hoekom ek dit opsom.

    Guest
    Guest

    Re: Miskien is daar geen god Johannes

    Post by Guest on Mon 10 Oct 2011, 6:17 pm

    ook vir my is hierdie woorde baie meer as net 'n musikant se dood,.ek het Dalk, waarom, miskien, GEEN. niks, ook in my siel gehad toe ek dit skryf

    Sponsored content

    Re: Miskien is daar geen god Johannes

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 29 Jun 2017, 3:45 am