daar waar
die pad te lank is
waai die wind
die kargrafte toe
met sand, die sand, die sand
oer-sand fyngemaal in die see
en met fyn stof, soos spoke, wat deeltjies bevat
van diere en mense en skulpe en dino-bene en plante
maar skoon, so skoon, so skoon
asof met ingeboude antihistamien
hoe kan enige stoflike stadige mens
sulke wye oop spasies verdien
stil in die nag
haal die klowe asem
maar daar
en op die heuwels in die dag na die reën
verander veld-tuin se rotstuin in voortuin
so ver as wat ʼn mens maar kan sien
© Torm 2009 (herskryf: 2011)