FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Die Karretjiemense van die Karoo

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Die Karretjiemense van die Karoo Empty Die Karretjiemense van die Karoo

    Post by Rudi Coetzer Mon 07 May 2012, 3:26 pm

    Die Karretjiemense
    van die Karoo
    ken van hoe om ñ Karakoel
    kaal te kry

    Die Karretjiemense
    van die Karoo
    ken van swaarkry .

    Twee langoor-donkies sleep
    die karretjie die karretjie
    sleep die windhond

    bo-op die karretjie
    is daar ñ skaapskeerder en sy vrou
    ( hy vat die sweep
    sy vat die leisels )
    en al hulle karige besittings –
    waterkan konka
    sinkplaat’ sinkbad
    velle-plastiek seil
    goiensak meelsak
    driepootpot jamblikke
    ogiesdraad geroeste pale

    en ñ lewe vol van swaar
    ñ lewe vol van verhale .


    ( * Gaan lees asb. die artikel
    http://www.beeld.com/By/Nuus/Karretjiemense-van-die-Karoo-20120420
    21/04/2012 11h58 )





      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 12:29 am