FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

+3
AmmieMoon
S.J. du Plessis
Claira Summers
7 posters

    Karoo-wind

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Karoo-wind Empty Karoo-wind

    Post by Claira Summers Tue 06 Dec 2011, 3:54 am


    Hier diep in die mens se psige
    se binneplek hart omkeer
    weet jy waar jy moet heen
    om aan die onskuld, dankbaarheid
    te verleen
    om op die lig te fokus
    dryf die donker weg
    na waar dit hoort
    van die duiwel n kneg
    dan skuil in die voue van God se hand
    hou jou veilig in die wese wat jy is
    keer jou om na die oertyd sonder rand
    toe die tyd nog groen was
    en die lewe geen twis
    toe seks nog vuil was
    en van geen onmin bewus
    om op die lig te fokus
    dryf elk donker terug
    in vreugde te juig
    op die karoo-wind se rug
    S.J. du Plessis
    S.J. du Plessis


    Posts | Bydraes : 104
    Points | Punte : 138
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-08
    Age | Ouderdom : 51

    Karoo-wind Empty Re: Karoo-wind

    Post by S.J. du Plessis Tue 06 Dec 2011, 4:25 am

    Smile


    Last edited by S.J. du Plessis on Mon 22 Oct 2012, 5:09 am; edited 1 time in total
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Karoo-wind Empty Re: Karoo-wind

    Post by AmmieMoon Tue 06 Dec 2011, 1:44 pm

    Wat 'n lieflike gedig en sosiale kommentaar, veral in die lig van die 16 dag veldtog teen gesinsgeweld en mishandeling !....
    Tog wil ek my verstout om te se dat die reel ''toe seks nog vuil was'' eerder moes lui ''toe seks nog skoon was'' - anders maak dit net nie vir my sin in die konteks van onskuld wat ek vermoed jy daar beskryf nie (ek wonder sommer net)

    My volgende opinie, na ek jou gedig gelees het, was juis om presies dieselfde oor die slotreel te se wat Susan reeds hierbo uitgelig het, dus volstaan ek daarmee.

    Ek kan die esensie van hierdie werk nie mislees nie, daarom beskou ek dit as 'n werklike goeie skrysel...dankie hiervoor ! Like a Star @ heaven
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Karoo-wind Empty Re: Karoo-wind

    Post by SWERWER Wed 07 Dec 2011, 10:06 pm

    Dagse Claira,

    Jou soeke na rus en onskuld is pragtig deur jou verwoord.Jou laaste twee reels 'in vreugde te juig op die karoo-wind se rug' is eenvoudig verruklik mooi vir hierdie man wie se voorouers uit die hart van die Karoo kom, uit Graaf Reinette se wereld. Jou werk het altyd vir my n sielvolle kwaliteit wat ek vermoet net sterker en meer geoefen oor tyd na vore sal kom. My ou vriendin, hou net aan skryf, jy het dit.

    SWERWER
    S.J. du Plessis
    S.J. du Plessis


    Posts | Bydraes : 104
    Points | Punte : 138
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-08
    Age | Ouderdom : 51

    Karoo-wind Empty Re: Karoo-wind

    Post by S.J. du Plessis Mon 12 Dec 2011, 4:12 am

    .


    Last edited by S.J. du Plessis on Mon 22 Oct 2012, 5:09 am; edited 1 time in total
    Louisa van Vliet
    Louisa van Vliet


    Location | Ligging : Elsburg
    Posts | Bydraes : 101
    Points | Punte : 173
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-04
    Age | Ouderdom : 64

    Karoo-wind Empty Re: Karoo-wind

    Post by Louisa van Vliet Mon 12 Dec 2011, 8:59 pm

    Baie mooi gedig nig.
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Karoo-wind Empty Re: Karoo-wind

    Post by Rudi Coetzer Tue 13 Dec 2011, 5:29 pm

    interesante stuk....
    uit n ongewone oog(punt)...
    een wat mens n paar keer sorgvuldig moet lees..en aan herkou.
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Karoo-wind Empty Re: Karoo-wind

    Post by Torm Wed 14 Dec 2011, 1:54 pm

    Anders en nuut. En dit beteken baie.

    Sponsored content


    Karoo-wind Empty Re: Karoo-wind

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 2:11 pm