FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

5 posters

    Karoo

    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Karoo Empty Karoo

    Post by Torm Wed 21 Dec 2011, 10:54 pm

    daar waar
    die pad te lank is
    waai die wind
    die kargrafte toe
    met sand, die sand, die sand
    oer-sand fyngemaal in die see
    en met fyn stof, soos spoke, wat deeltjies bevat
    van diere en mense en skulpe en dino-bene en plante
    maar skoon, so skoon, so skoon
    asof met ingeboude antihistamien

    hoe kan enige stoflike stadige mens
    sulke wye oop spasies verdien

    stil in die nag
    haal die klowe asem
    maar daar
    en op die heuwels in die dag na die reën
    verander veld-tuin se rotstuin in voortuin
    so ver as wat ʼn mens maar kan sien




    © Torm (herskryf: 2011)
    Melanie van As
    Melanie van As


    Location | Ligging : Kroonstad, Vrystaat
    Posts | Bydraes : 34
    Points | Punte : 76
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 38

    Karoo Empty Re: Karoo

    Post by Melanie van As Fri 23 Dec 2011, 3:49 pm

    Ek het so paar keer die jaar die Vrystaatse vlaktes verruil vir 'n toer deur die Karoo en hierdie gedig is die mooiste gedig wat ek nog gelees het.
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Karoo Empty Re: Karoo

    Post by Torm Fri 23 Dec 2011, 3:55 pm

    Goeie genade, Melanie jy laat 'n ou man bloos. Maar baie dankie .
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Karoo Empty Re: Karoo

    Post by Claira Summers Fri 06 Jan 2012, 4:22 pm

    Dit is werklik pragtig. Sterkte vir die kompetisie, jy het my vote ook.
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Karoo Empty Re: Karoo

    Post by Torm Wed 18 Jan 2012, 3:18 am

    Baie dankie Claira Summers * maak kniebuiding * ek waardeer!
    S.J. du Plessis
    S.J. du Plessis


    Posts | Bydraes : 104
    Points | Punte : 138
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-08
    Age | Ouderdom : 51

    Karoo Empty Re: Karoo

    Post by S.J. du Plessis Thu 02 Feb 2012, 3:32 am

    Soos 'n edelgesteente tussen die Karoo klippertjies en dorre grond. I like. Very Happy
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Karoo Empty Re: Karoo

    Post by Torm Fri 03 Feb 2012, 10:09 am

    Baie dankie S.J. du Plessis , ek waardeer dit. Very Happy
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Karoo Empty Re: Karoo

    Post by Torm Sat 11 Feb 2012, 12:40 pm

    Baie dankie vir al die stemme. Hierdie is eintlik my persoonlike gunsteling uit die gedigte wat ek ingeskryf het.
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Karoo Empty Re: Karoo

    Post by Rudi Coetzer Thu 16 Feb 2012, 12:27 pm

    damn dude...88 Likes....dit wil gedoen wees....jyt duidelik baie aanhangers..en aanhangers wat wel hulle stem uitbring.
    Great stuff.
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Karoo Empty Re: Karoo

    Post by Torm Thu 16 Feb 2012, 8:35 pm

    Karoo is nie eens derde nie, Rudi. Gaan kyk na 'Futiliteit' en 'Kersfees-lief'. Ek het hard probeer maar nie hard genoeg nie. Ek dink Karoo is dalk vyfde of sesde.

    Sponsored content


    Karoo Empty Re: Karoo

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 09 May 2024, 4:28 am