FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Skilder skryf.

    Manie Jackson
    Manie Jackson


    Location | Ligging : Wonderboom Pretoria
    Posts | Bydraes : 119
    Points | Punte : 319
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 46

    Skilder skryf. Empty Skilder skryf.

    Post by Manie Jackson Mon 05 Sep 2011, 5:47 pm

    Ek skryf vir jou ‘n skildery.
    ’n Prentjie mooi vallei.
    Strome en kleure, skuimende kolke.
    Berge, blomme, bome en wolke.
    Vou my hande om die duif in vlug.
    Dagbreek, die kranse – eerste lig.

    Beweeg my hande oor papier,
    heen en weer, die letters om vir jou te stuur.
    Lyntjies papier, weer die doek.
    Swart ink heen en soek.
    Blommende kleure, veld in ink.
    As die prentjie die verbeelding indring.

    Verlangend reik my hande uit op papier,
    om vir jou ‘n skilder mooi briefie te stuur.
    Ek skilder, skryf my hart uit op papier doek.
    Vou dit, bere daar waar niemand dit kan soek.
    Met die hoop dat iemand eendag weer my hart sal kry.
    Hom sal oopmaak, en dan weer sal bevry.


    Manie Jackson 20/8/2011

      Current date/time is Sun 28 Apr 2024, 1:35 am