FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    As ek nie kan skryf nie

    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    As ek nie kan skryf nie Empty As ek nie kan skryf nie

    Post by BennyB Mon 12 Sep 2011, 12:42 am

    Soos vandag spook gister
    koud onrustig.
    ’n bewerig hand se woorde
    ets die grysstof in my kop.

    As droogte breek
    roes die bliksim donner voel
    van diep-onthou
    in die rooi grond van nou.

    Hierdie keer krap ek diep
    soek soek deur my realiteit.
    Nikotien doof my donker
    en my ontrekkings simptone begin verstaan
    as my kop
    tik-tak, tik-tak, tik-..

    My ink het verdroog,
    my veer deur die wind verwaai.
    Blaaie nou vergeel,
    met droomwoorde
    wat my selfsug kan voed.

    'n Kop wat raas
    al in die rondte
    my om en om se dom!
    My hand se traandrup
    tussen stukkies hoop
    van my kop se oop spasies

    BennyB
    ©20/06/2011 Barend Booysen


    avatar
    Guest
    Guest


    As ek nie kan skryf nie Empty Re: As ek nie kan skryf nie

    Post by Guest Mon 12 Sep 2011, 12:48 am

    eina!! seer verlatenheid maar ooo benna so puik geskryf!
    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    As ek nie kan skryf nie Empty Re: As ek nie kan skryf nie

    Post by Enid Mon 12 Sep 2011, 3:57 pm

    sjoe...woordloos

    Sponsored content


    As ek nie kan skryf nie Empty Re: As ek nie kan skryf nie

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 03 May 2024, 5:40 am