FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Ek skryf vir jou...

    Isabel Q
    Isabel Q


    Location | Ligging : Paarl, Western Cape
    Posts | Bydraes : 40
    Points | Punte : 62
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-14
    Age | Ouderdom : 43

    Ek skryf vir jou... Empty Ek skryf vir jou...

    Post by Isabel Q Fri 23 Sep 2011, 5:11 pm

    ek skryf vir jou
    want praat kan ek nie
    in jou teenwoordigheid
    is ek stom
    kan ek nie reageer
    op wat om te sê
    kan ek nie konsentreer…

    ek skryf vir jou
    want luister kan ek nie
    in jou teenwoordigheid
    is ek doof
    kan ek nie hoor
    neem ek niks in
    jy’s te besig om my te bekoor…

    ek skryf vir jou
    want dink kan ek nie
    in jou teenwoordigheid
    is ek dom
    maak niks sin
    nie by volle bewussyn
    as jy maar weet hoe ek jou bemin…

    ek skryf vir jou
    want ek hoop jy verstaan
    wat staan tussen lyne
    wat ek vir jou probeer vertel
    ek skryf vir jou
    en kan dit nie vir jou sê
    my stem laat my in die steek
    …dis jy wat ek vir ewig en altyd wil hê…

    04-02-2011


      Current date/time is Fri 03 May 2024, 10:20 am