FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Versteurde hoop

    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Versteurde hoop Empty Versteurde hoop

    Post by BennyB Tue 11 Oct 2011, 8:59 pm

    Duister flits
    my saamgeperste smart
    smagdood alleen
    as ek my sielswroeg mantel drapeer.

    God, ek moet hier weg
    Verskroeide gisters
    verleidend dansend
    gloei in my hart se vuur.

    Verlustig steurend
    ek moet weg
    Mag nie terugkyk
    na gister se heeltyd.

    Mag nie ingee
    moet vergeet van die bitter en die gal
    Soutpilaar teen nou
    wat my tot my knieë dwing.

    Dansend steurend
    is my hoop in more
    se sluwe
    owerspel.

    BennyB
    © 19/10/2010 Barend Booysen


    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Versteurde hoop Empty Re: Versteurde hoop

    Post by anderkant Tue 11 Oct 2011, 9:11 pm

    Nee, ek kan nie - "sluwe owerspel", Ben, jy gaan haal hierdie vers diep in jou wese en vang my onkant met jou bereidwilligheid om so "ontbloot" te staan. Die vers is nie pretensieus nie, dit gee nie voor nie, dit verwoord 'n siel wat ten spyte van als nog God in die hoofletter aanspreek en moedeloos berus in die toekoms waarin hy lig bo die huidige donker kan sien nie. Just another day. damn meneer, hierdie is 'n fantastiese werk.
    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Versteurde hoop Empty Re: Versteurde hoop

    Post by Enid Wed 12 Oct 2011, 1:05 pm

    ek hou van jou slot en die hoop wat daarin le Smile
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Versteurde hoop Empty Re: Versteurde hoop

    Post by BennyB Wed 12 Oct 2011, 1:13 pm

    Ek staan klein in jou kommentaar Rudi, jy lees en voel die vers.
    Dankie vir die lees Rudi en Enid What a Face

    Sponsored content


    Versteurde hoop Empty Re: Versteurde hoop

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 09 May 2024, 7:20 am