FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    ( As ) hoop

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    ( As ) hoop Empty ( As ) hoop

    Post by Rudi Coetzer Sat 01 Oct 2011, 4:22 pm

    Iewers in die donker alleys van jou siel
    tussen jare se opgehoopte gemors
    waar die reuk van ontbinding
    meng met die pisreuk van rondloperhonde
    wat aan alles loop en snuffel
    en vir elke scary geluid knor of blaf
    en waar vrouens van die nag
    op hulle knieë of rug sake doen
    onder ñ missing-letter-flikkerende-neongroen-neon-sign
    staan ek kruisbeen met ñ frons tussen my oë
    en rook terwyl ek op jou liefde wag .


    ( 04/03/2009 09h58 )

      Current date/time is Wed 08 May 2024, 1:46 pm