FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Namakwaland

    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Namakwaland Empty Namakwaland

    Post by Torm Thu 13 Oct 2011, 8:08 pm


    die hek lê toe
    al die tyd sommer oop
    die grondpad skep kontoer
    in die middelbaan se opgerysde stuk
    (ʼn stokou bakkie het seker in die na-reën modder daar geloop)
    vir ʼn onverwagse Van Gogh meesterstuk
    van onder voet tot die horison daar doer
    in kommen daisies perfek rondgestrooi
    soos lawwe geel-en-oranje
    sterre
    baldadig uit die hemel uit gegooi
    party reeds afgepluk
    maar dit saak nie maak nie
    saam veldblomprag bruis dit soos sjampanje
    ʼn verkwikking
    hier in hierdie hel
    gemaak deur gevalle engele

    sterre
    waak versigtig oor die nag
    voor elk’ gesiggie soggens weer oopvou
    skyn soos sonlig van onder deur die dou
    en ek hoop ek vind jou
    voor hierdie paar oranje dae verby vlug
    en die dapper daisies voor die son swig

    maar voor die gevalle sterre kompos word
    - soos verskietende sterre spoke
    van die kosmos word -
    vou elk’ gesiggie versigtig oop
    rondom ʼn handjievol saadjies
    van hoop

    © Torm 2011
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Namakwaland Empty Re: Namakwaland

    Post by anderkant Thu 13 Oct 2011, 8:38 pm

    Saadjies van hoop. Torm, sjoe, ek is stom - 'n skittersvers. Ek is waarlik stom.
    avatar
    Timeclip Traveler


    Location | Ligging : Paarl
    Posts | Bydraes : 6
    Points | Punte : 12
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-13
    Age | Ouderdom : 67

    Namakwaland Empty Hoop

    Post by Timeclip Traveler Thu 13 Oct 2011, 8:46 pm

    As die hoop verdwyn? Sjoe, dit sal n donker dag wees. Baie mooi werk.
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Namakwaland Empty Re: Namakwaland

    Post by Torm Thu 13 Oct 2011, 11:14 pm

    Hartlik dankie vir die mooi kommentaar. Daar is nie veel mooi in my dag nie so dis baie welkom.

    Sponsored content


    Namakwaland Empty Re: Namakwaland

    Post by Sponsored content

      Similar topics

      -

      Current date/time is Wed 08 May 2024, 4:58 pm