FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Alleen

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Alleen Empty Alleen

    Post by Claira Summers Mon 26 Sep 2011, 2:11 pm

    ALLEEN


    Van siele omring in my goue sonkring
    Met mense wat lag en die lewe besing
    Duisend gesigte in die diep donker kolk
    Die lewe van afsondering reg vertolk
    Alleen groei my hartseer, Alleen elke dag
    in die somber dieptes van elke lang stil nag

    Alleen elke stonde van elke lang uur
    Hoor my siel saggies sterwe, Alleen lank verduur
    Jou hande en voete, gesig en lyf
    Kan my nooit vertroos nie, al hou jy my styf
    Ek wonder maar tog: is my siel so alleen?
    Is daar iemand op ʼn vêr plek, wat my lot sal kan deel?

    Alleen in my denke, Alleen elke nag
    in die woel en die werskaf van elk besige dag
    Alleen in die tyd van die son en maan
    Hoor my hart saggies sterwe, Alleen plat geslaan
    Van jou liefde verlaat, so voel ek ontneem
    soos die son, verteer deur die winter reën

    Gesange van mense en kinders alom
    Selfs dit laat my in agting verstom
    Alleen is my hart sang, Alleen my verstand
    Onversadig in doel, liefde en land
    Alleen elk strofe op papier geweef
    Hoor my lied saggies sterwe, Alleen stom vergeef



      Current date/time is Thu 02 May 2024, 11:23 pm