FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Alleen

    avatar
    johanpiek


    Location | Ligging : erens onder 'n ou eike boom
    Posts | Bydraes : 51
    Points | Punte : 122
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-08
    Age | Ouderdom : 63

    Alleen Empty Alleen

    Post by johanpiek Fri 09 Sep 2011, 9:02 pm

    Siekte die allerhoogste se wil
    Sy wil om sommiges te kom haal
    Versorg en waak by doodsbed so stil
    Agter gelaat die seer , die ware verhaal

    Boodskappe van goeie wense en omgee
    Dag en nag gestuur en gelewer
    Kan ons help almal gese
    Tot die einde in almal se gedagtes verseker

    Boodskap deurgedring na elkeen
    Snikke en trane en geween
    Trane en seer by die graf
    Roerende boodskap as kis sak af

    Huistoe na die plek so leeg
    Die staar na die foon so leeg
    Die oneinde gewag na boodskappe van omgee
    Geen niks van hoe dit gaan ,niemand wat omgee

    Die wete dat eendag nie ver
    Julle ook gaan smaak die seer van alleen
    Om enkel en alleeen te sit en te ween
    Julle naaste en mense weg baie ver

    My oe is gerig op die hoogste
    My krag is in sy hande
    Sy genade die heel grootste
    Sy omgee is my wonde se verbande

      Current date/time is Thu 02 May 2024, 10:25 pm