Alleen

    Share
    avatar
    antieklimaks

    Location | Ligging : Centurion, Gauteng
    Posts | Bydraes : 27
    Points | Punte : 57
    Join date | Datum aangesluit : 2011-12-07
    Age | Ouderdom : 51

    Alleen

    Post by antieklimaks on Wed 01 Feb 2012, 12:30 pm

    Eensaamheid
    soos geluk
    is in my opgelê,
    vasgestel in my gene
    voor die breek van tyd.
    Dit bekruip
    op verevoete.
    Niksvermoedend gaan ek slaap,
    as ek wakker word is dit daar…

    Eensaam
    staan ek doodstil
    in ‘n skare mense.
    My eie tyd staan stil
    maar alles beweeg om my.
    Geluide verdoof en
    klanke word dof.
    Ek staan alleen
    In ‘n sirkel stilte.

    Alleen
    in ‘n borrel
    swaartekrag het ophou bestaan.
    Ek kyk op na die hemel
    en wonder waarom is ek in die hel.
    Soveel dae, soveel drome
    vlieg verby op vlerke
    van stille eensaamheid.
    Alleenvlug, eensaam, net ek.
    avatar
    AmmieMoon

    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 18

    Re: Alleen

    Post by AmmieMoon on Sun 05 Feb 2012, 12:31 pm

    '' ek staan alleen in 'n sirkel stilte...'' Sjoe sjoe, .......hierdie lees soos 'n nimmereindigende kolking in 'n eensame gees... Like a Star @ heaven


    _________________
    Ammie Moon
    avatar
    Torm

    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 60

    Re: Alleen

    Post by Torm on Sun 05 Feb 2012, 5:40 pm

    Ek stem saam met Ammiemoon. Die gedig oortuig.
    avatar
    antieklimaks

    Location | Ligging : Centurion, Gauteng
    Posts | Bydraes : 27
    Points | Punte : 57
    Join date | Datum aangesluit : 2011-12-07
    Age | Ouderdom : 51

    Re: Alleen

    Post by antieklimaks on Mon 06 Feb 2012, 12:56 pm

    Baie dankie vir julle terugvoer! Smile
    avatar
    Rudi Coetzer

    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 51

    Re: Alleen

    Post by Rudi Coetzer on Mon 06 Feb 2012, 9:14 pm

    jou gedig bou mooi op....tot jou stunning slot.
    Kan jou slot weer en weer lees.

    Sponsored content

    Re: Alleen

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 22 Sep 2017, 10:17 pm