FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Alleen

    hanlie Leach
    hanlie Leach


    Location | Ligging : Delareyville Noord Wes
    Posts | Bydraes : 27
    Points | Punte : 71
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-15
    Age | Ouderdom : 66

    Alleen Empty Alleen

    Post by hanlie Leach Sun 25 Sep 2011, 3:57 am

    Jy lê
    een ry spore
    iewers in 'n
    rooi sandpad
    waaiende stofwolke
    steel jou enigste
    metgesel ....
    die spore wat
    jy trap

    woordeloos hang
    herinneringe
    iewers aan 'n
    telefoondraad
    stemme iewers
    in die bloue lug
    kom nooit
    weer terug
    net n sug

    sterrelose hemel
    donkermaan
    alleen
    waar is jou
    maat vannaand
    wat altyd
    in jou staan
    voel jy die alleen
    waar jy deur
    jou wentelbaan
    gaan

    '...
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Alleen Empty Re: Alleen

    Post by SWERWER Sun 25 Sep 2011, 4:36 pm

    More Hanlie,

    Ek hou verskriklik baie van hierdie werk van jou. Die gebruik van die stofpad, die voetspore wat verdwyn, die Telefoonlyne en die stemme wat wegraak en die hemelruim en die versteekte wentelbaan is vir my pragtig. Ek sou graag nog meer wou gesien het want dit praat sag maar baie diep met my.

    Geluk met n treffende beskrywing van alleen wees.

    SWERWER
    hanlie Leach
    hanlie Leach


    Location | Ligging : Delareyville Noord Wes
    Posts | Bydraes : 27
    Points | Punte : 71
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-15
    Age | Ouderdom : 66

    Alleen Empty Re: Alleen

    Post by hanlie Leach Sun 25 Sep 2011, 6:32 pm

    SWERWER wrote:More Hanlie,

    Ek hou verskriklik baie van hierdie werk van jou. Die gebruik van die stofpad, die voetspore wat verdwyn, die Telefoonlyne en die stemme wat wegraak en die hemelruim en die versteekte wentelbaan is vir my pragtig. Ek sou graag nog meer wou gesien het want dit praat sag maar baie diep met my.

    Geluk met n treffende beskrywing van alleen wees.

    SWERWER

    Goeie dag "Swerwer"

    Baie dankie vir die terugvoering op my vers, ja alleen kan mens baie ver laat draai. Sou kon aan en aan gaan. Maar enige vers het of 'n einde of nie ne? Nou hierdie een kan mens net optel en aangaan. Baie dankie en mooi dag vir jou.
    Groete Hanlie

    Sponsored content


    Alleen Empty Re: Alleen

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 03 May 2024, 9:42 am