FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Ek, die Reën en 'n Hartseer Kitaar…

    Isabel Q
    Isabel Q


    Location | Ligging : Paarl, Western Cape
    Posts | Bydraes : 40
    Points | Punte : 62
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-14
    Age | Ouderdom : 43

    Ek, die Reën en 'n Hartseer Kitaar… Empty Ek, die Reën en 'n Hartseer Kitaar…

    Post by Isabel Q Fri 23 Sep 2011, 5:24 pm

    vanaand is dit ek
    die reën
    en ‘n hartseer kitaar
    wat huil oor die snare
    ‘n geween van woorde
    uit ‘n stem
    skaars hoorbaar
    die reën val in lae
    als nat
    selfs in my hart
    val reën in lae

    ek dink terug
    aan gelukkiger tye
    liefde verleidelik getokkel
    op vroliker snare
    met ‘n hart wat lag
    oorborrel van passie
    as ek in jou oë kyk
    ‘n weerkaatsing van self
    hunkering na nabyheid
    bevredigend gelukkig
    tevrede…

    in die donker nag
    roep ek na jou
    soek jou arms
    styf om my vas gehou
    die hunker
    die smag
    soms trane
    ek ruik jou nog
    en voel jou nog
    waar is jy nou
    man van my hart
    sielsgenoot
    hier is ek alleen
    ek
    die reën
    en ‘n hartseer kitaar

    kom terug
    steek die vuur
    hier binne weer aan
    ‘n vuur van lawa
    wat brand
    woedend net vir jou
    neem die donderweer
    die weerlig strale
    wat verwoestend
    pluk aan kat derm snare
    vervang dit met sonskyn

    geen wolke meer
    geen reën meer
    geen traag deuntjie
    van ‘n hartseer kitaar
    haas jou na my sy
    geliefde
    voor die golwe my insluk
    waar ek “tumble and turn”
    tot al wat oor is
    ‘n helfte
    van wat ek was
    van wie jy geken het
    voor jy weg is
    en my agtergelaat
    met die huilende toon
    van my hartseer kitaar….


    30-03-2011

      Current date/time is Wed 08 May 2024, 9:07 am