FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Eerste reën

    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Eerste reën Empty Eerste reën

    Post by Torm Wed 14 Dec 2011, 1:45 pm


    die eerste reën is ʼn baba
    wat altyd laat kom
    vir boere soms keisersnee
    epiduraal
    voorafgegaan deur wroeging -
    soms al swanger sedert die vorige jaar -
    maar agterna, altyd feesviering

    vir dae lank sing Vleiloerie sy hart uit
    vir swanger lug
    vir wolkies wat weer teleurstel
    soos eennagliefdes
    totdat die regte ene kom
    wit soos wol maar later
    donker van diepte
    dit sweet eers, dit ruik eers
    dit belowe anders

    sonder jou
    sal klein groeiknoppies verstar
    tot vaal hout sterftes
    sonder jou
    sal al die sade en spore en stuifmeel
    verniet vermors word
    sonder jou
    sal die voëls se sang verstar
    en in plat kroppe verdroog
    sonder jou
    sal die boklammers
    nie kom bokspring nie
    sonder jou
    sal beloftes met wrang mondhoeke
    begroet word (want wie weet tog regtig)
    sonder jou
    sal die stroompies anorexia kry
    en wanhopig stol tot bruin, dan geel
    en sonder jou
    sal eers die water vervuil
    en dan die lug, die liefde, die lewe

    my lief is die eerste reën
    die wolk majesteit se seën
    wit soos sneeu sketse teen die blou
    word dan doeke vir jou
    waarop jy gulheid en goedheid
    uitstort met verfdruppels soos reën
    dit was, is en word my eerste seën

    die eerste donder, in barendsnood,
    lem skielik die wolke oop
    daar is ʼn bietjie bloed -
    stormwater bedelaar skuilings
    weggespoel tot groter nood -
    maar dis alles goed en groot
    (eerste reën word altyd goed bedoel)
    dit stort, versamel en loop
    uit op die aand, vars en koel
    soos op ʼn nuwe somerlaken
    vèr spoel dit, en diep soos rou,
    trane van blydskap plons
    en voordat die lig verflou
    prisma die druppels die lig vir ons;
    wys die reënboog vir ons ʼn baken
    dat Kersfees nie net ʼn belofte sal bly nie
    dat verfrissing nie net ʼn droom sal bly nie
    dat blomme nie net sade sal bly nie
    dat selfs die eendaglelie sal blom
    miskien selfs
    dat liefde altyd weer sal kom


    © Torm 2010



    *************************************
    ek praat nie van spottende stofnat druppeltjies nie, ek praat van ordentlike reën
    soos in: die koöperasie se ploeë is skielik almal uitverhuur

      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 10:43 pm