FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Hartseer song van 'n Gangster-ma...(Rudi se uitdaging)

    S.J. du Plessis
    S.J. du Plessis


    Posts | Bydraes : 104
    Points | Punte : 138
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-08
    Age | Ouderdom : 51

    Hartseer song van 'n Gangster-ma...(Rudi se uitdaging) Empty Hartseer song van 'n Gangster-ma...(Rudi se uitdaging)

    Post by S.J. du Plessis Sat 12 Nov 2011, 12:40 am

    Flenter-foto's
    skerf
    deur my gedagtes
    kerf
    ou scars weer
    oop
    soos bloed teen my
    afloop

    Sy bloed teen
    my
    my kind die
    wildevy
    vrug van my
    skoot
    deur oorloopslag
    gedood

    O gangster-prankster
    jou sluwe slet
    verlei die boys
    tot jy hul het
    op hogere torings
    van euforie-vlug
    en leë beloftes
    vol wanhoopsklug
    met dommaak-pitte
    deur gedrenk
    hartsverstrengel
    in jou liefdeswenk

    Ek wou jou keer kind
    ek wou jou help
    jou rou hart streel
    maar ek net mens
    en jy net mens
    Het jy maar gedraai
    het jy maar geglo
    in die Lewe
    die redding van bo
    Ek maar net ma
    jy bly my kind
    my kind nou so verslind

    Ek blaai nou maar
    die glansblad deur
    en koerant snipsels
    VOORBLADNUUS!!!
    askies
    my hart bloei nog
    dis seer
    Kon ek dit keer?
    seker, seker nie
    ek't als gedoen
    gehoop, gestreel, gesoen...

    nou blaai ek deur
    die flenter-foto's
    skerwe van
    'n seer onthou
    soos herinnerings
    en snikverdriet
    gelyk aan my
    menswees kou

    Flenter-foto's
    kerf...
    kerf...
    kerf
    my rou gedagtes
    nerf...
    nerf...
    nerf.


    S.J. du Plessis © November 2011


    Last edited by S.J. du Plessis on Sun 13 Nov 2011, 4:47 am; edited 1 time in total
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Hartseer song van 'n Gangster-ma...(Rudi se uitdaging) Empty Re: Hartseer song van 'n Gangster-ma...(Rudi se uitdaging)

    Post by Rudi Coetzer Sat 12 Nov 2011, 2:15 pm

    strofe 4:sou 'heel'uitlos.
    slot: sou dit so hou en dan een reeltjie byvoeg : af

    jy het lekker gespeel en fun gehad....goed gedoen.
    baie oorspronklik.
    (as mens in ag neem wat strofe 1 was,en hoe jy dit gevat het tot by die sad realiteit van die gangster -lewe ens......the sky is the limit....mens moet net jou gedagtes en jou siel laat gaan..vrye teuels gee......soos jy hier bewys het)
    S.J. du Plessis
    S.J. du Plessis


    Posts | Bydraes : 104
    Points | Punte : 138
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-08
    Age | Ouderdom : 51

    Hartseer song van 'n Gangster-ma...(Rudi se uitdaging) Empty Re: Hartseer song van 'n Gangster-ma...(Rudi se uitdaging)

    Post by S.J. du Plessis Sun 13 Nov 2011, 4:19 am

    Dankie vir die raad Rudi. Ja, as mens se brein "ge-challenge" word, kan die kreatiwiteit bietjie aangesteek word...dit is iets soos 'n "skop onder die sitvlak"...dwing mens om te dink binne 'n tydsraamwerk. Jou skryf-uitdaging was 'n fantastiese idee en ek het dit baie geniet om deel te neem. Dankie. Very Happy
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Hartseer song van 'n Gangster-ma...(Rudi se uitdaging) Empty Re: Hartseer song van 'n Gangster-ma...(Rudi se uitdaging)

    Post by Rudi Coetzer Sun 13 Nov 2011, 5:54 pm

    en daar het n hele paar goeie gedigte uitgekom..en die verskillende/uiteenlopende inhoud was ook amazing.

    Sponsored content


    Hartseer song van 'n Gangster-ma...(Rudi se uitdaging) Empty Re: Hartseer song van 'n Gangster-ma...(Rudi se uitdaging)

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Wed 08 May 2024, 5:13 am