FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Blouste Blou Oë…

    Isabel Q
    Isabel Q


    Location | Ligging : Paarl, Western Cape
    Posts | Bydraes : 40
    Points | Punte : 62
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-14
    Age | Ouderdom : 43

    Blouste Blou Oë… Empty Blouste Blou Oë…

    Post by Isabel Q Fri 23 Sep 2011, 5:08 pm

    blouste blou oë wat my so bekoor
    blouste blou oë wat my so deurboor
    vasgevang, gehipnotiseer
    ek verdrink in bloue poel water
    verdrink vrywilliglik met vreugde…

    wat is dit wat my so vasvang…
    … is dit die diepte van die blou?
    … is dit die effense glimlag?
    … is dit die intense blyk van passie?
    … is dit die nuuskierigheid wat wil-wil weet?
    … is dit die wysheid van ‘n vreemdeling?
    … is dit dalk die verskuilde humor?

    wat dit is, weet ek nie presies
    maar verder en verder sleep jy my in
    jou getuie is hoog, die strome sterk
    dieper en dieper
    golwe al hoër en hoër
    bang en verskrik
    steeds bekoor…

    ek wil los
    maar blou oë pen my vas
    links, regs, voor of agter
    ek kan nie beweeg
    in ‘n droom wêreld verlore
    waar blou oë by my spook

    hou op! …gaan aan!
    los my uit! …kom nader!
    soos ‘n vlam ‘n mot betower
    so het jy my aandag verower…
    so is jy besig om my hart te verower…

    jy praat
    ek hoor niks
    al wat ek sien is diep blou oë
    wat my tog als vertel wat ek wil hoor
    ek probeer konsentreer
    maar tevergeefs
    in ‘n trans
    deur blouste blou oë

    10-02-2011

      Current date/time is Sun 28 Apr 2024, 7:24 am