FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Blou Blommeprag -

    ansiebeets
    ansiebeets


    Location | Ligging : Somerset Wes
    Posts | Bydraes : 64
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 54

    Blou Blommeprag - Empty Blou Blommeprag -

    Post by ansiebeets Wed 12 Oct 2011, 10:28 pm

    Blou Blommeprag -

    Giggel lag en juig
    die seesand klam getuig
    n brander gebreek en terug gesuig

    n Windstil sonskyn dag
    die rigting onbekend vandag
    tog vol vertroue op die regte pad

    Die oog sien ver en wyd vooruit, tog ook nie oor die duine -
    Vertroue en nuuskierigheid dat daar tog n verrassing daar agter wag

    Die asem blaas die longe fluit dis opdraend voor die einde
    moeg bene staande bly op hoop, vertroue
    en soos die duin verdwyn

    Blou Blomme net waar jy kyk
    dis poeier blou en konings blou
    navy blou, elke blou van n denim
    dis ysblou en groen blou
    en hemelblou en persblou

    Blou blou blou sover as jy kan sien net Blou Blommeprag so wonderbaarlik mooi,
    n dag wat vir altyd kan hou, hier tussen elke skakering van blou waarvan ek so baie hou !

    © Ansie Beets
    ansiebeets *>~ab


      Current date/time is Sun 28 Apr 2024, 5:33 pm