FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

+3
Admin
AmmieMoon
BennyB
7 posters

    Blou seer

    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Blou seer Empty Blou seer

    Post by BennyB Sun 18 Sep 2011, 12:18 am

    Sonvingers blaai en spieëldans in yskristal
    van my hart se vensters
    waar jy staan soos ‘n engel
    in my vroegmôre droom

    Jou arms wat rus op die kombuis se onderdeur
    jou oë wat tiptoon in die wit van 'n winters môre
    waar jou hart rus kon vind
    ‘n oomblik stil kon wees

    die wind Vivaldi vier seisoene
    in binnekamers van my hart
    en ek weet
    hierdie oomblik is amper perfek
    tog bloei ek van seer

    Ek sien jou hande vat -
    vat na niks
    ek weet
    ek weet jy wou so graag vir my gee
    die kleine meisiekind wat ek so begeer

    en my hart breek weer
    nog ‘n keer
    as ek jou oë sien
    weet jy het jou alles gegee
    alles probeer
    Vader
    hoekom dan nog die bitter seer?

    Stil staan ek nou
    alleen by die kombuis se onderdeur
    die nag is koud
    en ek staar
    en ek wonder
    wat het eintlik gebeur,
    hoekom Vader
    hoekom al die bitter blou seer?

    BennyB
    26/06/2011 Barend Booysen


    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Blou seer Empty Re: Blou seer

    Post by AmmieMoon Sun 18 Sep 2011, 1:13 am

    Jinne Ben, hierdie vers sal altyd trane uit my binne wese pers.....Een van jou bestes, omdat jy dit so diep gaan uithaal het ! Hoed af vir hierdie een (weereens) !! Like a Star @ heaven
    avatar
    Guest
    Guest


    Blou seer Empty Re: Blou seer

    Post by Guest Sun 18 Sep 2011, 1:39 am

    hierdie seer kom in soveel passie oor ek kan die figure in bitter pyn in die onderdeur sien staan!
    Admin
    Admin
    Admin


    Location | Ligging : Gauteng
    Posts | Bydraes : 41
    Points | Punte : 125
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-26
    Age | Ouderdom : 59

    Blou seer Empty Re: Blou seer

    Post by Admin Mon 19 Sep 2011, 3:41 am

    Elke persoon wat ooit pyn deurgemaak het kan hierdie woorde mee vergeselwig en die pyn voel lewe in elke letter wat jy geskryf het.
    Julia Hill
    Julia Hill


    Location | Ligging : All Around The World
    Posts | Bydraes : 151
    Points | Punte : 259
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 53

    Blou seer Empty Re: Blou seer

    Post by Julia Hill Mon 19 Sep 2011, 1:27 pm

    Hits home, as I re-read it time and again!
    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Blou seer Empty Re: Blou seer

    Post by Enid Mon 19 Sep 2011, 5:05 pm

    sjoe *sug* ek het geen woorde nie. Shit Benny, net flippen trane
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Blou seer Empty Re: Blou seer

    Post by BennyB Mon 19 Sep 2011, 6:54 pm

    Baie dankie vir die kommentaar! Die een is baie naby aan my hart en sal seker altyd 'n spesiale plek he!
    avatar
    Nico10


    Posts | Bydraes : 57
    Points | Punte : 122
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 38

    Blou seer Empty Re: Blou seer

    Post by Nico10 Wed 21 Sep 2011, 8:43 pm

    Sjoe ja, baie aangrypende vers.
    girllivinginherdreams
    girllivinginherdreams


    Location | Ligging : Swakopmund Namibia
    Posts | Bydraes : 76
    Points | Punte : 106
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 43

    Blou seer Empty Re: Blou seer

    Post by girllivinginherdreams Wed 21 Sep 2011, 9:18 pm

    ............ no words...........breathless......

    Sponsored content


    Blou seer Empty Re: Blou seer

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sun 28 Apr 2024, 8:23 pm