FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Soos iemand in n droom

    hanlie Leach
    hanlie Leach


    Location | Ligging : Delareyville Noord Wes
    Posts | Bydraes : 27
    Points | Punte : 71
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-15
    Age | Ouderdom : 66

    Soos iemand in n droom Empty Soos iemand in n droom

    Post by hanlie Leach Mon 19 Sep 2011, 1:34 am



    Soos iemand in 'n droom
    wat aan nagskimme en
    verligte ster kandelare glo
    die man in die maan saans
    met n soen op die wang groet
    sterrekettings een vir een inryg
    is die wêreld wat ek aan glo

    Soos iemand in 'n droom
    wat op sagte boepenswolke
    dans, tiekiedraai en swaai
    in die skadu van die skugtermaan
    wegkruip teen die oë van die
    wêreldse realiteit en seer
    is die uitkoms waarop ek wag

    Soos iemand in 'n droom
    wat die nag deur ander oë sien
    vir wie die blink sterre diamante word
    die maan n groot pot fyngoud
    die donker blouwolke safiere en
    helder blink akwamaryn
    die sterre konstellasies groot
    swierige aansteek spelde
    dis die wêreld waarvan ek droom

    Soos iemand in 'n droom
    wat aan eendag se more glo
    weet die trane teen my wang is net
    vloeibare kristalle reën
    dat God my lewe weer sal seën
    die kleure van die reënboog
    een vir een in my lewe inweef
    dat my more weer mooi sal word
    dit is die lewe wat ek voor hoop.
    avatar
    Guest
    Guest


    Soos iemand in n droom Empty Re: Soos iemand in n droom

    Post by Guest Mon 19 Sep 2011, 1:51 am

    mag hoop jou nie beskaam! pragtige gedig

      Current date/time is Tue 07 May 2024, 3:27 am