FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Swerwers droom

    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Swerwers droom  Empty Swerwers droom

    Post by BennyB Sun 06 Nov 2011, 1:11 pm

    Stilswye maal deurgaans vanaand
    in donker kolle om melkweg drome,
    'n eindelose verwarring na onbekendes
    in gewese stom lirieke

    my passaat verlore
    as ek baken trek soos skeepvaarders van ouds
    om die sewe harts waters te vaar
    in soeke na vae onthou

    my suiderkruis swenk die noordewind
    as ek van bakboord na stuurboord hol
    want vannag sal die wind draai,
    my lei na jou hart se baken
    waar jy stil by die ligtoring wag.

    BennyB
    © 05/08/2011 Barend Booysen


    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Swerwers droom  Empty Re: Swerwers droom

    Post by SWERWER Mon 07 Nov 2011, 1:23 pm

    Bennie,

    As swerwer kan n mens nooit gestrand wees nie. Dit is net vir aanhou soek sonder om te gaan stilstaan en top of om op tekens van buite te wag om jou pad aan te dui. Dit is n swerwer se lot anders vergaan jy!

    As swerwer resoneer hierdie vers met my en vereenselwig ek my met die gevoel van n verlore passat en die magteloosheid en verlange wat dit bring. Jou werk is sielvol en inspirerend mooi.

    SWERWER
    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Swerwers droom  Empty Re: Swerwers droom

    Post by Enid Mon 07 Nov 2011, 2:51 pm

    en ek sluit aan by Swerwer, die slot jou uitkoms, regtig mooi

    Sponsored content


    Swerwers droom  Empty Re: Swerwers droom

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Tue 07 May 2024, 9:53 am