FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Tussen my laken voue

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Tussen my laken voue Empty Tussen my laken voue

    Post by AmmieMoon Thu 15 Sep 2011, 2:44 am

    op deurweekte linne
    gedrapeer tussen laken voue
    glimlag ek speels oor jou nag se nabywees,
    die kiewietspoortjies wat jy gelaat het
    in die holte van my kussing;

    weer bewus van jou kreune versteek
    in die skouerbandjies van my naghemp,
    jou olyf aroma wat soos wandelings
    deur vroegmôre mis, aan my kleef;

    jou vingerpunte se soek soek streling
    wat saam met sonnestraal
    my bed oopkloof
    wyl ek baai
    in die nadraai
    van jou middel-nag liefkosing.

    'k strek lomerig in jou teenswoordige afwesige vlees
    sug sag in wete
    dat jy vanaand weer
    by my sal wees.


    © 2011 Almarie Truter
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Tussen my laken voue Empty Re: Tussen my laken voue

    Post by anderkant Mon 19 Sep 2011, 8:46 pm

    Hierdie is ongelooflik mooi. Ek staan vandag oral hier op Freestyle rond met 'n mond vol tande - woorde ontgaan my deesdae te maklik. Meesterswerk vriendin.
    avatar
    Guest
    Guest


    Tussen my laken voue Empty Re: Tussen my laken voue

    Post by Guest Mon 19 Sep 2011, 9:48 pm

    'n amper vergete gevoel van volmaakte vrou wees

    Sponsored content


    Tussen my laken voue Empty Re: Tussen my laken voue

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sun 28 Apr 2024, 2:17 pm