FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

5 posters

    Tussen-in weer

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Tussen-in weer Empty Tussen-in weer

    Post by AmmieMoon Tue 11 Oct 2011, 12:05 am


    Die Paasfees gees wandel gewyd
    deur hierdie vissersdorp se strate
    waar dié sonder viskarre gesuip
    teen lamppale leun,
    waar bloutrein-deurdrenkte moeders
    sjokolade eiers in kerm kinders
    se smoele stop om trane en snot te keer.

    My ma sou weer sê ..'' Hierdie is die
    tussen-in tyd van die jaar my kind,
    met 'n oordaad tussen-in weer.
    Jy moet halfmou truie en bloese dra
    vir al hierdie tussen-in dae ''

    Nou is tyd vir bak en brou, vir opgaar
    want winter is aant gluur, hy plan om
    weer 'n ewigheid te duur.
    '' Is jy voorbereid my kind ? ''

    Ek tuur oor Somer se hangskouer
    en weet my lag in son was veel en gul,
    daar is 'n swetterjoel meer lagplooitjies
    om my oë gehul.

    '' Nee ma, my spens is leeg, maar ek
    oorleef op ys en wind en mis,
    op krummels wat op sy tafel te vinde is.''

    '' Ek ken van survive against all odds ma,
    ek vra niks van niemand nie ma,
    net 'n kans om my eie vrae aan die Kaap van
    Storms te vra ''

    Tuis maak ek reënboog broodjies vir die
    kinders met volop soet en kleur en geur,
    sny laaste stukkies van die son
    sodat hulle knus is as die yswinde kom.

    Ek gaan sit en skryf 'n storie oor die lewe
    wat onderlangs van seer en droefheid bewe
    maar ek woord 'n muur van groot groot hoop
    eer voorbodes my van sprankel stroop.

    Toe ek later wit bedlinne kraak
    buig ek 'n skewe droom nog krommer.
    Hierdie is net nog een nag van vele
    en die mensdom ken slegs ten dele soos ek,
    maar dis genoeg.
    Vooraf kennis oor winter sal ons dryf
    na raserny.


    © 2011 Almarie Truter
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Tussen-in weer Empty Re: Tussen-in weer

    Post by anderkant Wed 12 Oct 2011, 9:44 pm

    Ek is nogmaals stom. Hoe kan mens onaangeraak by hierdie vers verbygaan. Daar is 'n diepe roering in die gees van die vers wat duidelik in elk se eie hart 'n verhaal vertel - wat ons ken, wat ons vergeet - en soms betyds (of te laat) onthou. Genade Ams, ek kan my voorstel dat jy een van daardie ouers is wat nie pakslae hoef te gee nie - jou woorde kan mens na trane en bittere spyt dryf. Uitstekend gedoen vriendin.
    avatar
    Barend Steenkamp


    Location | Ligging : Bloemfontein
    Posts | Bydraes : 16
    Points | Punte : 24
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-02
    Age | Ouderdom : 67

    Tussen-in weer Empty Re: Tussen-in weer

    Post by Barend Steenkamp Thu 13 Oct 2011, 6:00 am

    Het hierdie een baie geniet. Anders en spesiaal.
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Tussen-in weer Empty Re: Tussen-in weer

    Post by BennyB Thu 13 Oct 2011, 1:40 pm

    Is verseker een van my gunstelinge. Ek stem saam met Rudi. Dankie vir die een Ammie geek
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Tussen-in weer Empty Re: Tussen-in weer

    Post by AmmieMoon Thu 13 Oct 2011, 9:57 pm

    Dankie julle drie musketiers....Ek waardeer soos altyd !! Like a Star @ heaven
    Dolly.D
    Dolly.D


    Posts | Bydraes : 11
    Points | Punte : 15
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-13
    Age | Ouderdom : 44

    Tussen-in weer Empty Re: Tussen-in weer

    Post by Dolly.D Thu 13 Oct 2011, 11:05 pm

    This is a true work of feeling and observation. Reminds me of the fishing villages of Sardinia. the gentlemen do not honour you enough young lady.
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Tussen-in weer Empty Re: Tussen-in weer

    Post by AmmieMoon Thu 13 Oct 2011, 11:37 pm

    Thank you Miss Dolly, your words are kind and gentle......Welcome to the Freestyle family ! I personally look forward reading some of YOUR writing here on FreeStyle !! Like a Star @ heaven
    avatar
    Guest
    Guest


    Tussen-in weer Empty Re: Tussen-in weer

    Post by Guest Thu 13 Oct 2011, 11:41 pm

    ek stem saam Ammie hierdie werk getuig van n skerp oog wat realiteit in Ammie styl amper surrealisties oordra!

    Sponsored content


    Tussen-in weer Empty Re: Tussen-in weer

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 8:20 pm