FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Stil Suzi

    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Stil Suzi Empty Stil Suzi

    Post by BennyB Mon 12 Sep 2011, 9:28 pm

    Hy groet haar vriendelik
    as hy moeg
    by die huis instap
    hy kom tot stilstand
    waar sy op die rusbank uitgestrek lê,
    haar teer op die voorkop soen
    en vra hoe was haar dag
    terwyl sy net strak die verte instaar

    effens, asof in skok
    staan hy terug
    weereens is sy vanaand afsydig
    en maak asof hy nie bestaan
    hy skud sy kop in disbelieve
    en skakel die sport kanaal aan
    want hy ken die nare gevoel
    van stilstuipe wat op hom wag.

    “Soek jy ‘’n dop, Suzi”
    vra hy vanuit die kombuis
    ek’s moeg en nie lus vir kook
    sal maar weer take-outs
    soos gistraand moet kry.

    As hy sy skoene uitskop
    en whiskey on the rocks geniet
    probeer hy weer small talk maak
    maar dis sinneloos,
    daar is geen verskil
    tussen vanaand
    die aande van gister en laas week.

    Hy is n nice ou
    en sê steeds vir homself:
    “Suzi is ‘n lekker chick
    ‘n girl van min woorde,
    die stil tipe
    nes ek haar like op haar plek
    en sy praat nooit terug”

    Vanaand is anders:
    hy soek haar,
    wil he sy moet luister
    net ‘n bietjie wys
    sy stel ook belang
    hom wys hy is eintlik OK
    sê hy is haar special one

    Later raak hy ook stil
    wanneer hy amper in afguns
    na haar staar
    haar verdomde blonde pruik
    sy wat alewig oopmond sit
    hy besef die verhouding sal na nêrens lei

    want Suzi sal altyd
    net ‘n plastic opblaas-pop bly

    BennyB
    © 24/01/2011 Barend Booysen
    avatar
    Guest
    Guest


    Stil Suzi Empty Re: Stil Suzi

    Post by Guest Mon 12 Sep 2011, 10:09 pm

    hierdie een het ek lank terug gelees en toe ek wou terug gaan was sy verlore in die argiewe ek is gek na jou suzi gedigte!!
    (en moet se vir man om so te dig oor n opblaas pop vat definitief talent!!)
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Stil Suzi Empty Re: Stil Suzi

    Post by anderkant Mon 12 Sep 2011, 11:04 pm

    Hier kom staan ek botstil: hierdie is ook een van daardie tergende verse: dit smeek om "anders" gelees te word; amper te "in your face" om bloot net oor die pop te gaan. Maar die luim van die vers raai mens af om te krap; ook dit is veelseggend. 'n Ruk gelede kyk ek weer (soos altyd) Boston Legal en die een prokkie sukkel met sy pop wat afgeneem en "onteer" was deur die polisie. Vir hom was dit 'n ernstige saak! Niks in hierdie vers laat my dink dat hierdie nie ook 'n ernstige saak is nie. Waarvoor ek nog meer respek het is dat hierdie pop by verwysing na die verlede tyd nie "haar rol vervul" nie. Sy is bloot 'n "opgeblaaste" teenwoordigheid wat die eintlike afwesigheid intens beklemtoom. Puik werk meneer, absoluut puik.

    Sponsored content


    Stil Suzi Empty Re: Stil Suzi

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Tue 07 May 2024, 2:53 am