FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    verdrink in jou hartseer

    Barend
    Barend


    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 52

    verdrink in jou hartseer Empty verdrink in jou hartseer

    Post by Barend Tue 22 May 2012, 9:41 pm

    VERDRINK IN JOU HARTSEER

    Wil jou volg waar jy wegkruip
    daar in jou hartseerdonker
    wil ek 'n lig vir jou aanlos
    volg die kronkelpad
    deur die duine, kom weg
    van die afgrond se rant

    laat ek myself verdrink in jou hartseer
    die bodem daarvan vind
    die damwal stukkend breek
    terug bou vir oor begin
    skoon vars water uit die put van my siel
    stadig deur syfer en jou dors les

    'n veiligehawe vir jou
    gebou tussen arms en bors
    hartslag wat in duet saam joune klop
    kom lê jou kop op my skouer
    voel hoe veiligheid oor jou neerdaal
    los jou probleme vir die wind daar buite

    © Barend van Huysen

      Current date/time is Fri 26 Apr 2024, 9:23 pm