FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Soms

    Barend
    Barend


    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 52

    Soms Empty Soms

    Post by Barend Fri 04 May 2012, 8:28 pm

    SOMS

    Lê en staar na vertes
    verdwaal in gedagtes
    verward deur emosie
    keuses wat jy nie wil maak

    mense vir wie jy omgee
    tweede kans is beskore
    al het jy baie verloor
    wat jy moontlik kan vind
    die opgewondenheid van 'n kind

    dinge gedoen vir eie rede
    moet besluit is jy tevrede
    wat gaan verandering bring
    gesoek in jou plafon se krake
    gejaag deur jou verlede se drake

    ingesluk deur wêreld en peins
    mislukking, najaag van eie geluk
    dit was my eie keuse
    sou ek besin oor die rede

    verlate strand gaan soek
    deur die wind jou rede vind
    die son jou verlosser van vrese
    soms kan jy vertrou in jou keuse

    © Barend van Huysen

      Current date/time is Fri 26 Apr 2024, 6:08 pm