ek luister weer vanaand na jou
hoe jy praat vol passie
na jou lag kniediep uit jou binneste
jou vertellinge oor talent
en dat tyd deur ons vingers gly
tussen kuberruim woorde
lê eintlik min ongesproke woorde
net een groot verlang
van jou arms om my lyf
ek sit hier
en sien lewe verbygaan voor my venster
en wonder oor jou
oor drome
oor my eie hart se smag
Die maan hang weer iewers stil
en vêr vanaand
ek voel
die alleenheid begin weer pla
maar nie te kommer
want ek weet
jy is hier
in kuberruim se drome
BennyB
©11/05/2011 Barend Booysen
hoe jy praat vol passie
na jou lag kniediep uit jou binneste
jou vertellinge oor talent
en dat tyd deur ons vingers gly
tussen kuberruim woorde
lê eintlik min ongesproke woorde
net een groot verlang
van jou arms om my lyf
ek sit hier
en sien lewe verbygaan voor my venster
en wonder oor jou
oor drome
oor my eie hart se smag
Die maan hang weer iewers stil
en vêr vanaand
ek voel
die alleenheid begin weer pla
maar nie te kommer
want ek weet
jy is hier
in kuberruim se drome
BennyB
©11/05/2011 Barend Booysen