Ek mis jou vanaand

    Share
    avatar
    AmmieMoon

    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 18

    Ek mis jou vanaand

    Post by AmmieMoon on Fri 29 Jun 2012, 5:25 pm


    ek mis jou hand op my bors,
    jou vinger wat met my weerbarstige tepels speel
    terwyl ek sagte deuntjies neurie in my kop

    ek mis hoe jy krimpvarkie om my lyf
    as ek snoesplek soek teen jou,
    die knakholte in jou bors
    waar jy jou hart vir my bewaar

    ek mis hoe jy my asemhaling sluk,
    hoe jy stry teen slaap
    omdat jy niks van my wil mis nie

    ek mis jou gebede in my nek,
    jy wat engele roep om oor ons liefde te waak,
    wat my vashou as drog-drome my wakker maak

    ek mis jou, wat deur nagsweet
    my terug na jou toe lei
    selfs as nag my roep en ek in buitewyke van
    donkerte wil bly

    jy wat my kom haal waar ek dwaal onder die maan,
    jy wat die fosfor in my oë voor slapenstyd verstaan

    ek mis jou vanaand so vêr van my.



    © 2012 Almarie Truter


    _________________
    Ammie Moon

      Current date/time is Thu 27 Jul 2017, 7:38 pm