FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Vanaand, as jy my soek...

    Joan Lotz
    Joan Lotz


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 69
    Points | Punte : 170
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-12
    Age | Ouderdom : 87

    Vanaand, as jy my soek... Empty Vanaand, as jy my soek...

    Post by Joan Lotz Mon 12 Mar 2012, 5:47 am

    Wag ek vir jou by ons boom
    met dagboek sit ek en droom
    maanlig glinster op die rivier
    onthou ons twee se kindertyd hier
    chappies en briefies in die sakke
    wind waai ritselend deur die takke
    veel later stil in mekaar se oë getuur
    liefdeseine hartlangs oormekaar gestuur
    hande saggies vasgehou, vir my gefluister
    in ongeloof die woorde ingeneem, geluister
    ons liefde verseël, daar innig oopgevou
    harte wildbonsend mekaar styf vasgehou
    so bang die oomblik verdwyn in die nag
    so ver om die volgende dag in te wag
    het liefde gebloei, soveel jare gebly
    elkedag valentynsdag vir jou en my.
    2012/02/14 Joan

      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 8:55 am