Diamond drome

    Share
    avatar
    Camsica

    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 66
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 36

    Diamond drome

    Post by Camsica on Tue 24 Apr 2012, 5:59 pm

    Oor rots en klei
    in ‘n riet vallei
    deur blare
    van ’n wilgertak se mik

    slenterstap
    Storieman
    t y d s a a m
    saam sy Feëtjievrou
    langs ’n huppel-Feëprinses
    in ‘n varingblaar paadjie
    wat se einde
    tot diep binne in
    ’n sprokies-towerbos lei.

    Oor die heuwels heen
    travel die drietjies saam
    trippel hand-aan-hand

    die picture perfect
    van ’n joyful start
    ’n kans vir oorbegin

    onder ‘n halfmaan
    propvol woorde
    met sterre wat
    rock-songs sing

    dans hulle
    giggel-giggel
    om ‘n bonfire
    op die roete
    van hul
    diamond drome
    se silwer voete.
    Attachments
    Diamond drome.JPG
    You don't have permission to download attachments.
    (3.1 Mb) Downloaded 0 times
    avatar
    Rudi Coetzer

    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 51

    Re: Diamond drome

    Post by Rudi Coetzer on Mon 30 Apr 2012, 8:16 pm

    groot smile.
    pragtig kosbaar en vreugdevol.
    Love dit.
    bounce
    cheers
    ook mal oor die diamond drome se silver voete.

      Current date/time is Wed 20 Sep 2017, 7:03 am