FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

5 posters

    Duisend Drome

    Boskind
    Boskind


    Location | Ligging : Wellington
    Posts | Bydraes : 3
    Points | Punte : 7
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-30
    Age | Ouderdom : 50

    Duisend Drome Empty Duisend Drome

    Post by Boskind Thu 01 Dec 2011, 10:23 pm

    My hart het vandag gebrand
    sy stem ego deur Witbessie
    sou hy my glo as ek vir hom sê
    hy is die droom wat ek wil hê

    koper is ek
    hy maak my in goud
    klip is ek
    by hom diamant
    eerder sy prooi
    as ek die jagter

    nou die mot
    nie meer die kers
    sodat ons die lewe kan voel en ruik
    my krag nou in dien

    onthou hy die donker
    van nagte sonder hom?
    onthou hy hoe blou dit was?
    ek sluit nou my oë , oortuig
    my hart het vandag gebrand
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Duisend Drome Empty Re: Duisend Drome

    Post by AmmieMoon Fri 02 Dec 2011, 4:14 am

    ''..oortuig my hart het vandag gebrand...'' - wow, hier gryp jy weer aan my hart....Beautiful ! Like a Star @ heaven
    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Duisend Drome Empty Re: Duisend Drome

    Post by Enid Fri 02 Dec 2011, 1:01 pm

    ooo ek stem saam met Ammie dit is regtig pragtig
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Duisend Drome Empty Re: Duisend Drome

    Post by Rudi Coetzer Fri 02 Dec 2011, 2:17 pm

    mooi.
    vol vreugde en hoop.
    hou dit so.
    Very Happy
    (Psst: jou mooi vrolike positiewe gedig sou soveel sterker gewees het indien jy .'e (punte) gebruik het na meeste van die strofes...).
    hoop daar kom nou vele vreugdevolle-verse uit jou siel,uit jou pen).
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Duisend Drome Empty Re: Duisend Drome

    Post by SWERWER Wed 07 Dec 2011, 9:54 pm

    Hi Boskind,

    Ek lees hierdie werk anders as Rudi in die sin dat dit nie vir my vreugdevol is nie maar eerder verlange na iemand, na hom wat jy pen. Jou laaste reel soos Ammie dit uitlig ' my hart het vandag gebrand' sluit aan by die eerste reel. Jy beskryf alles wat goed was toe hy daar was, dat hy die beste in jou uitgebring het en dat jy terugdink met hartseer omdat dit verby is. Hoe dan anders sal jy oortuig wees dat jou Hart juis NOU gebrand het!

    As dit so is het een man n moerse fout gemaak! :-)

    SWERWER

    Sponsored content


    Duisend Drome Empty Re: Duisend Drome

    Post by Sponsored content

      Similar topics

      -

      Current date/time is Tue 07 May 2024, 8:38 am