JOU DROOM
Jou gawe met woorde
laat mense sweef
intrige die web wat jy kan weef
met woordespel verdryf jy kwel
almal maar in sprokies kan leef
van die voshaarnooi so mooi getooi
hoëhakskoentjies en rompie van rooi
lippe so sag wat vir joune wag
dis jou droom elke dag
kaggelvuur en skadus teen die muur
vonkelwyn wat liefde laat skyn
kos gemaak wat na liefdesdruppels smaak
musiek om haar te betower
enigste manier om haar hart te verower
na held verander van seerower
blomme gebring, hoor haar hart sing
dis hier waar julle liefde begin
© Barend van Huysen
Jou gawe met woorde
laat mense sweef
intrige die web wat jy kan weef
met woordespel verdryf jy kwel
almal maar in sprokies kan leef
van die voshaarnooi so mooi getooi
hoëhakskoentjies en rompie van rooi
lippe so sag wat vir joune wag
dis jou droom elke dag
kaggelvuur en skadus teen die muur
vonkelwyn wat liefde laat skyn
kos gemaak wat na liefdesdruppels smaak
musiek om haar te betower
enigste manier om haar hart te verower
na held verander van seerower
blomme gebring, hoor haar hart sing
dis hier waar julle liefde begin
© Barend van Huysen
- Attachments
- jou droom.jpg
- You don't have permission to download attachments.
- (4 Kb) Downloaded 0 times