FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Pienk Spookasem Drome

    Madri Cordier
    Madri Cordier


    Location | Ligging : Bethlehem
    Posts | Bydraes : 62
    Points | Punte : 176
    Join date | Datum aangesluit : 2012-01-26
    Age | Ouderdom : 47

    Pienk Spookasem Drome Empty Pienk Spookasem Drome

    Post by Madri Cordier Thu 26 Jan 2012, 8:01 pm

    Sorgelose dae vol borrellaggies en hope pret
    kougom kou, nickerballs en biltong met vet
    Polka dot kort rompies, hare met Alice bands
    niks opgesmuk, geen fieterjasies of iets grands

    Sirkus elke jaar met olifante, leeus, perde en kamele
    lekker ritte, popcorn en pienk spookasem al die kere
    Pleisters en soene vir al seerkry, skete en pyne
    boomhuis bou, buite speel en albasters by dosyne

    Blommetjies pluk in die veld om te sê ek het mamma lief
    'n verliefde hartklop, blos op wange, regte klein hartedief
    Kaalbas swem in die plaasdam, al is dit koue wintersdag
    hoog bo-op 'n bergtop sit, kleilat gooi en hard skaterlag

    Te vinnig word almal groot en dogtertjie drome lankal vergete
    vele dogtertjies se pienk spookasem drome iets van die verlede...

    © Madri Cordier

      Similar topics

      -

      Current date/time is Wed 08 May 2024, 6:52 pm