FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Klawerspel van die stofpad van hoop

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Klawerspel van die stofpad van hoop Empty Klawerspel van die stofpad van hoop

    Post by Claira Summers Wed 25 Jan 2012, 6:49 pm

    Takke in die donker bos swiep heen en weer
    ek voel hoe die swart nag my van rug af verteer
    my bloots ry tot by die afgrond van die einde se brug
    waar dit wil in val met my agter op sy rug
    my wil sleep tot net voor ek sterf
    of vir altyd in die duister weg swerf
    Hoor my hartklop in my kop slaan
    en ek dink ek maak oop
    daars nie lig aan die einde van die stowwerige poort
    geen rus vir die moeg in my brose siel
    ek moet saam vlug sonder om te buk of te kniel
    dit hou aan kronkel diep na die onder toe
    my bloed streep teen die kant maak my dit proe
    wat as ek regtig my dood teekom
    wat as ek in die niks val en daar nie kan blom
    Verdoessel le die graspaaie van my verdroogde hart
    die stof en die klip le tussen onvrugbare smart
    waar liefde se sonskyn die tuin helder stem
    le duine verwaai deur die onheil getem
    raap op my bondel en soek steeds n weg
    oor die stomheid van die klawers van die stof van die berg
    en die hobbelpad van die kransepark
    my beskermend verberg
    Die aap in die bos op die rand van die dood
    speel sy kitaar op die maat van die Hoopvlei se poort
    genoeg roep die kokkewiet man
    genoeg nou, bly stil !
    die reis deur die krummel-vretende kraaie verkul



      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 10:45 am