FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 38 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 38 ) Empty Baby , my bekkie bokkie-blom ( 38 )

    Post by Rudi Coetzer Fri 20 Jan 2012, 3:26 pm

    Flenter-foto’s
    skerf
    deur my gedagtes
    kerf
    ou scars
    weer oop
    en soos bloed
    teen my lyf afloop ...

    * * *

    Ek kyk die spulletjie so
    die spulletjie hierbo :

    om te dink

    daar was ñ tyd
    wat ek net martel-gedigte kon skryf
    net gedigte met seer in die lyf

    om te dink

    daar was ñ tyd
    wat ek heel stukkend was
    en as mens net nêrens tussen die lewendes in kon pas

    om te dink

    daar was ñ tyd
    lank voor jou
    wat ek net wou dooi seer van rou .

    ñ Tyd wat selfs eenvoudige-goed
    soos soggens se opstaan
    asemhaal en daagliks funksioneer
    byna onmoontlik was

    wat die wil om te lewe
    saam met my breek-siel
    begrawe was
    iewers in my ongemerkte graf .

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    die pad van toe tot nou
    was maar hard en onbekend
    met meer op as af
    ( of is dit nou meer af
    as op ?
    want ek was maar af
    soos laasmaand se vleis
    wat dassie in die son....)
    met meer dood as lewe
    met meer swart as geel –

    en die ewigdurende
    beklemming om my bors
    het my vasgeketting
    vasgeanker aan my breeksiel-seer
    maar darem met flou-flikkerings
    van hoop tussen-in .

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    daardie dae maande jare
    is nou vir ewig verby

    en al wat
    vir eers nou oorbly
    is elke oomblik se hofmakery
    en om jou voor die kansel te kry !

    Mwah !

    So spring op ons magic carpet
    Baby , my bekkie bokkie-blom
    en hold on –
    it’s going to be
    one helluva-ride !


    ( 02/11/2011 15h52 )



    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 38 ) Empty Re: Baby , my bekkie bokkie-blom ( 38 )

    Post by Claira Summers Sat 21 Jan 2012, 6:04 am

    Vir die eerste keer na al die lese van die verskillende weergawes dink ek persoonlik dat jy die spyker op die kop geslaan het die keer. Opregte denke en die verdiepte waarheid te bespeur in hierdie weergawe. Puik = Puik vers.
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 38 ) Empty Re: Baby , my bekkie bokkie-blom ( 38 )

    Post by Rudi Coetzer Sun 22 Jan 2012, 2:20 pm

    ag dankie.
    ag,elkeen het maar sy eie kosbaarheid(vir my).
    smile.

    Sponsored content


    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 38 ) Empty Re: Baby , my bekkie bokkie-blom ( 38 )

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 26 Apr 2024, 9:11 pm