Diep vang ek die reuk van strooi en beesmis
Jare terug was dit so altemit gewis.
Waar het die jare tog sy fleur verloor
Van samesyn op oupa se plaas so gehoord.
Blommetjie aan die voorpunt wanneer ouma skree,
Kom Saterdag, booitjie, name aan elke bees gegee.
Stadig stap ons met die stok agterna,
Om hul dors te gaan les na die waterkrip aangeja.
Van vroeg tot laat, kinders in die veld,
Agter donkies, varke, hoenders en makou,
Windbuks in die hand, om duif en mossie te vang
Vinnig vinnig, word veer en kop afgekap,
Om gaar te maak in ouma se buite oond.
Donkie kar ry aan die orde van die dag.
Of sommer net donkies bloots te ry,
Pasop doringbos hier kom ‘n lyf afgegooi
Van donkie se rug, en ma met karwats agterna.
Eina Eina, tog hoekom tog nie geluister nie.
Lag, lag stap ons kinders maar weer aan,
Vol gedagtes met die volgende uitstappie in die bos.
Kliprandjies hier kom ons, van kruisbessie tot maroelas
Om ons sakke meer vol te prop.
Gelukkig mag ons soveel eet as kan kom.
Oom Louw se padkafeetjie, die toppunt van die dag,
Nikkerballs, en allerhande lekkernye,
Met ‘n tiekie toe nog aan bewind,
Bruin papiersak vol nikkerballs, waar nog so goedkoop vandag.
Kan nikkerballs en lekkergoed weggele word aan vuilbek gesiggies.
Stadig maar seker het die dag sy tol geeis,
Aan kindertjies vol prêt van die dag se kerjakker.
Gou gou bad, voor oupa sy koetjies gaan melk
Sodat elkeen sy glasie vol melkskuim kan kry
Voordat klaasvakie sy sand begin strooi.

Last edited by Louisa van Vliet on Thu 22 Dec 2011, 12:35 am; edited 2 times in total