FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Lekker ou Plaas

    Louisa van Vliet
    Louisa van Vliet


    Location | Ligging : Elsburg
    Posts | Bydraes : 101
    Points | Punte : 173
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-04
    Age | Ouderdom : 64

    Lekker ou Plaas Empty Lekker ou Plaas

    Post by Louisa van Vliet Mon 21 Nov 2011, 4:26 pm

    Diep vang ek die reuk van strooi en beesmis
    Jare terug was dit so altemit gewis.
    Waar het die jare tog sy fleur verloor
    Van samesyn op oupa se plaas so gehoord.

    Blommetjie aan die voorpunt wanneer ouma skree,
    Kom Saterdag, booitjie, name aan elke bees gegee.
    Stadig stap ons met die stok agterna,
    Om hul dors te gaan les na die waterkrip aangeja.

    Van vroeg tot laat, kinders in die veld,
    Agter donkies, varke, hoenders en makou,
    Windbuks in die hand, om duif en mossie te vang
    Vinnig vinnig, word veer en kop afgekap,
    Om gaar te maak in ouma se buite oond.

    Donkie kar ry aan die orde van die dag.
    Of sommer net donkies bloots te ry,
    Pasop doringbos hier kom ‘n lyf afgegooi
    Van donkie se rug, en ma met karwats agterna.
    Eina Eina, tog hoekom tog nie geluister nie.

    Lag, lag stap ons kinders maar weer aan,
    Vol gedagtes met die volgende uitstappie in die bos.
    Kliprandjies hier kom ons, van kruisbessie tot maroelas
    Om ons sakke meer vol te prop.
    Gelukkig mag ons soveel eet as kan kom.

    Oom Louw se padkafeetjie, die toppunt van die dag,
    Nikkerballs, en allerhande lekkernye,
    Met ‘n tiekie toe nog aan bewind,
    Bruin papiersak vol nikkerballs, waar nog so goedkoop vandag.
    Kan nikkerballs en lekkergoed weggele word aan vuilbek gesiggies.

    Stadig maar seker het die dag sy tol geeis,
    Aan kindertjies vol prêt van die dag se kerjakker.
    Gou gou bad, voor oupa sy koetjies gaan melk
    Sodat elkeen sy glasie vol melkskuim kan kry
    Voordat klaasvakie sy sand begin strooi.






    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Lekker ou Plaas Empty Re: Lekker ou Plaas

    Post by AmmieMoon Wed 23 Nov 2011, 9:37 am

    Wat 'n heerlike 'kleintyd-onthou' vertelling deur goue kinderjare (het my ook sommer terug gevoer na my peuterjare op die plaas in die Karoo)

    ps: waak teen die hoofletters aan die begin van elke sin, dis steurend op die leser se oog en breek die natuurlike ritme van jou vers ! Andersinds 'n lieflike nostalgiese werkstuk uit jou pen ! Like a Star @ heaven
    Louisa van Vliet
    Louisa van Vliet


    Location | Ligging : Elsburg
    Posts | Bydraes : 101
    Points | Punte : 173
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-04
    Age | Ouderdom : 64

    Lekker ou Plaas Empty Re: Lekker ou Plaas

    Post by Louisa van Vliet Wed 23 Nov 2011, 1:25 pm

    Baie dankie, AmmieMoon, ek sal dit bietjie onthou van al die hoofletters. Ja heerlike kinderdae gewees. waar is daardie tye tog heen. Baie dankie vir goeie raad.
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Lekker ou Plaas Empty Re: Lekker ou Plaas

    Post by anderkant Fri 25 Nov 2011, 4:53 pm

    Dit is vir my aangenaam om by die lees van hierdie vers met jou talent kennis te maak. Welkom hier by ons (hoewel ek vir 'n tyd lank effe afwesig was en dalk nog sal wees). Hier en daar kan die vers effens geskaaf word - dit sal dalk ook help as jy die Afrikaanse speltoetser wat gratis op die web beskikbaar is kan aflaai en gebruik. Ek is nie 'n taal professor nie en jy begaan geen gruwelike foute nie, dis slegs klein dingetjies soos gou gou in stede van gou-gou ens.

    Hierdie is 'n pragtige vers wat ek terdee geniet het en ek sien sommer onmiddelik daarna uit om jou werk te mag volg.
    Louisa van Vliet
    Louisa van Vliet


    Location | Ligging : Elsburg
    Posts | Bydraes : 101
    Points | Punte : 173
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-04
    Age | Ouderdom : 64

    Lekker ou Plaas Empty Re: Lekker ou Plaas

    Post by Louisa van Vliet Fri 25 Nov 2011, 5:45 pm

    Baie dankie anderkant. Sal let op my spelling,.

    Sponsored content


    Lekker ou Plaas Empty Re: Lekker ou Plaas

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 02 May 2024, 8:07 pm