Liplek-lekker +

    Share
    avatar
    Rudi Coetzer

    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 51

    Liplek-lekker +

    Post by Rudi Coetzer on Tue 13 Dec 2011, 3:09 pm

    Jou lippies
    lipstick-loos
    geplooi
    tog verklaarbaar
    onweerstaanbaar
    soos ñ Edens-vrug
    wat sappig
    ryp en reg
    my smaak-kliere boei

    my met willens
    en wetens
    willekeurig
    en onwillekeurig
    verlei .

    Dan wanneer
    my wange kleurkry
    en my oë
    lewe kry
    enkel-fokus ek
    doelgerig
    elke sintuig
    op jou
    smaakvolle sappige-vrug .


    ( + Komkol
    01/03/2011 20h12 )

      Current date/time is Tue 17 Oct 2017, 10:09 pm